Die Suid-Afrikaanse Avokado Resepteboek

Die avokadoliefhebber kan liries raak oor die voortreflikheid van dié vrug – die betowerende geur darvan, die romerigheid op die tong, die onvergeetlike smaak.

Tog is daar seker baie min mense wat besef hoe veelkseidig die vrug in die kookkuns aangewend kan word.

Met dié versameling van beproefde resepte – meer as 200 van hulle – vergesels die skrywer die kosliefhebber op ‘n ontdekkingsreis soos min. Avokado’s word gebruik om opwindende geregte te berei. Resepte vir voorgeregte en peuselhappies, sop, visgeregte, slaai, nageregte en gebak, drankies en doopsouse verbreed die koshorison soos selde tevore.

Die Suid–Afrikaanse avocadoresepteboek hoort op die kombuisboekrak van elke fynkok.

Die Suid–Afrikaanse avocadoresepteboek was published by J. P. van der Walt en Seuns as a large format 86-page hard-cover edition with full colour plates in 1990.

The book is out of print.